|
Let Wel:
As u nie binne 7 dae 'n antwoord op u boodskap|bestelling kry nie, moet u aanvaar dat u boodskap|bestelling
nie ontvang is nie, of dat u 'n foutiewe epos-adres deurgestuur het. Ons versoek u hartlik om weer met ons in
kontak te kom.
If you do not receive and answer to your message|order within 7 days, you should assume that we did not
receive your order|message or that an invalid Email addres was used. If this is the case, we urge you to
please try and contact us again.
(1) English-speaking customers are most welcome to contact us for a translation of any
of the titles and/or their description. [General information about ordering and payment
will then also be given to you in English].
(2) As u ontevrede is met die toestand van `n boek, mag u dit aan my terugbesorg binne 7
dae van ontvangs. U is dan verantwoordelik vir die posgeld en verpakkingskoste. U word
gekrediteer vir die betrokke bedrag of, indien u dit so verkies, word die bedrag aan u
terugbetaal.
(3) Boeke in die katalogus is beskikbaar onderhewig aan die voorwaarde dat hulle nog nie
verkoop is nie.
(4) Totdat betaling vir bestelde boeke ontvang is, bly laasgenoemde die eiendom van Maroela
Boeke waarna eienaarskap van die bestelde en betaalde boeke oorgaan op u, die klant.
5) Sodra u `n bestelling geplaas het, en bevestiging van Maroela Boeke ontvang het dat die
bestelde boeke beskikbaar is, word van u verwag om die koop/verkoop-transaksie te eer-
biedig, soos wat Maroela Boeke onderneem om die koop/verkoop-transaksie te eerbiedig,
tensy onvoorsiene omstandighede u of Maroela Boeke redelikerwys verhinder om die koop/
verkoop-transaksie te eerbiedig.
(6) Bankbesonderhede sal aan u verskaf word sodat u `n elektroniese of internet-inbetaling kan
doen of u kan per tjek betaal. In laasgenoemde geval moet die tjek uitgeskryf word aan:
C.J. Loubser. Hou asseblief ook in gedagte dat die prys per boek nie die posgeld en ver-
pakking insluit nie. Geen BTW word gevra nie.
(7) Slegs die heersende postariewe is van krag - geen ekstra posgeld of posgeld per boek
word gevra nie. [Tariewe word elke jaar vanaf 1 April aangepas]
(8) Sodra u die betaling gemaak het, word die boeke per gewone pakketpos aan u gestuur.
Slegs op aanvraag word boeke per versekerde pos gestuur. Laasgenoemde is uiteraard
duurder as gewone pakketpos.
(9) Oorsese klante moet asseblief in gedagte hou dat bankkoste per transaksie betaalbaar is,
wanneer van toepassing. U het ook die keuse of u van lugpos [duurder, maar vinniger] of
van seepos [goedkoper, maar stadiger] gebruik wil maak.
(10) Die volgende afkortings word gebruik:
      s/o = stofomslag
      p. = pagina of bladsy
      aeb = agterste eindbladsy
      veb = voorste eindbladsy
|